Thursday, 30 August 2012

Shaggy reviewed in Literator




Literator
Shaggy:
14 Rather Amusing Rambles
 

Shaggy: 14 Rather Amusing Ramblesby Anton Krueger and Pravasan Pillay, recently received a review in Literator: Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies.

The review was written by M.L. Crous of the Nelson Mandela Metropolitan University in Port Elizabeth.
 






Veertien monoloë deur skarminkels, losers en idiote

Tradisioneel is 'n shaggy dog 'n story besonder langdradige relaas vol kenmerkende irrelevante insidente en die slot grens dikwels aan die absurde. Dit is wat die skrywers van hierdie veertien monoloë probeer nadoen, maar dis opvallend dat hulle stories kort en soms op die man af is. Hulle hou doelbewus nie by die oorspronklike patroon nie.
 
Die outeurs spot met die akademie, lewer kommentaar op uitbuiters en manipuleerders en soos wafferse nasate van Horatius en Juvenalis val hulle bepaalde swakhede in die samelewing aan. Die sprekers in die monoloë is figure wat ‟n mens in die alledaagse raakloop: die afgeleefde akademikus, die uitbuiterkunstenaar, die grapjas, ‟n eertydse satanis en die skottelgoedwasser-cum-taikoen wat die spot dryf met die Kambodjaanse bevrydingstryd en soos ‟n wafferse seerower Jenny in besit is van verskeie besighede in Margate. Margate in Natal en Germiston aan die Rand speel ‟n sentrale rol. Margate spog selfs met sy eie M.I.T.

Soos dit ‟n satirikus betaam, dra die skrywers ook deeglike kennis van die konteks wat betref dit wat hulle bespotlik wil voorstel. “The Beans” handel byvoorbeeld oor iemand wat ‟n bemarkingsvergadering toespreek en dan die beeld van ‟n blikkie bone gebruik om sy punt oor te dra. Uit sy reaksie op die onsinnighede wat die groep kwytraak, lei ‟n mens af dat alles op dowe ore val en hy sluit sy voorstelling met ‟n kragwoord af.
 
Deurgaans word ook met eietydse studente se verwysingsraamwerk gespot. Hulle kan assosieer met popkultuur en is dikwels in staat om die belangrikste literatuurteoretiese begrippe uit te spu, maar tot meer as dit is hulle nie in staat nie. Ook feministiese herskrywings en herlesings van byvoorbeeld die geskiedenis word onder die loep geneem. In “The Director” word ‟n Jamie Uys-gedenklesing gelewer en spot die spreker heerlik met die Suid-Afrikaanse filmbedryf met sy toilethumor.
 
n Satirikus is nie altyd te eksplisiet nie. Hy spot deur middel van die taal, deur middel van ironie en deur onderspeling en ‟n mate van oordrywing. Soos met alle goeie satires is dit belangrik dat ‟n mens dit in lewende lywe sien afspeel. Om Nataniël of tannie Evita op papier te lees, is nie naastenby so snaaks soos om hulle op die verhoog te sien nie. Myns insiens is dit ook die geval met hierdie“nogal amusante” stories. Dikwels lees ‟n mens dit en dink: ja en ? – die subtiele humor ten spyt.

Reference
Crous, M.L. 2011. Veertien monoloë deur skarminkels, losers en idiote. Literator.32(3):195-196.

Visit the Literator website: http://www.literator.org.za/index.php/literator


No comments:

Post a comment